Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg

Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne.

I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies, in die natuur, ens. Dit is werklik wonderlik wanneer ons hierdie dinge as gawes van die Here aanvaar en geniet. Almal sal weet dat ons so elke nou en dan sulke opkikkers nodig het – iets te doen of te geniet wat ons gelukkig maak. Dit is ‘n reaksie op impulse van buite. Die vertaling hier – “die blydskap in die Here” – bring ons tot insig: God gun Sy mense sulke geleenthede om vreugde te ervaar.

Die konteks is egter interessant: Nadat die mense uit Babiloniese ballingskap teruggekeer het, het hulle voor die ruïnes van die verlede te staan gekom. Sommige geboue is weer met moeite herbou. Toe roep Nehemia die volk bymekaar en laat die wet van Moses vir hulle voorlees – ses uur lank. En hulle het begin ween en huil oor hulle eie sondes; sekerlik ook oor die sondes van hulle voorvaders, want dit was mos die rede waarom God die ramp toegelaat het. Hoe lank het hulle gekerm? In elk geval, Nehemia besef dat iets hier begin verkeerd loop: hulle kla net eensydig oor die verlede, oor sonde en straf – dit is wel reg en nodig. Maar hulle vergeet die ander kant: die kant van genade.

Nehemia doen ‘n beroep op die mense om hulself eers te versterk en ‘n fees te vier, want die blydskap van die Here is julle krag! (Ander vertaling: vreugde in God is julle beskutting, julle verdediging). En al die priesters het Nehemia gehelp om die volk te kalmeer en om die heiligheid van God uit te wys: Barmhartig is die Here, geduldig en van groot genade en getrouheid, dat Hy ons ons sondes vergewe en ons reinig van alle ongeregtigheid. Toe het die volk hulle vreugde getoon deur fees te vier en met mekaar te deel wat hulle gehad het. Sodoende het, so te sê, die vreugde wat gedeel is, verdubbel.

II. Die vreugde van binne is geheimsinnig. Jy kan dit nie net opwek of beveel nie: “Wees nou bly!” Dit kan nie met die druk van ‘n knoppie gebeur nie. Alhoewel sielkundiges vir ons sê: jy kan jouself ‘n bietjie regruk om die positiewe in die wêreld te sien. Maar Paulus vertel ons van ‘n hoër blydskap wanneer hy skryf: “Wees altyd bly in die Here. Ek herhaal: Wees bly!” (Fil. 4:4).

“In die Here” – is ‘n verdieping van die kwaliteit van vreugde. Dit gaan oor ons hele bestaan. Dit is soos ‘n fundamentele houding wat alles beïnvloed. Die Bybel sê vir ons: sonde veroorsaak selfgesentreerde gedrag in my, egoïsme; ek wil nie toelaat dat God “God” is nie. Maar as iemand wedergebore word in Christus deur doop en geloof, is die persoon ‘n nuwe skepsel – geprogrammeer vir vreugde. En nou veroorsaak genade in my dat ek op Christus gesentreer is en my naaste in liefde dien. En dit veroorsaak op sy beurt weer dubbele vreugde.

Uit die diepe geborgenheid in Christus, uit die lewensvervulling en liefde van God kan dit nie anders wees as dat alles in my verander: my woordeskat verander – ek praat vriendelik. My siening van die wêreld verander asof ek ‘n nuwe bril opgesit het. Soos die spreekwoord sê: Wie alles in God se hand plaas, sal God se hand in alles herken. HY dryf die wêreldgeskiedenis tot Sy doel.

Maar daar is weliswaar nog baie lyding wat voorlê; daar is trane en verlies. Maar selfs dit word herbeoordeel in die lig van die verhouding met Christus. Luister hoe Petrus skryf: “Wees eerder bly dat julle so deelgenote is van die lyding van Christus. Want wanneer Hy in Sy heerlikheid verskyn, sal julle gevul wees met blydskap en gejubel.” (1 Petrus 4:13) Dit is jou bestemming. Halleluja!

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…