Wagwoord vir die Jaargety

Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor. (Lukas 23:46)

Die Kerssiklus met sy besondere boodskap van Jesus Christus se geboorte en God se menswording lê nou agter ons en ons het al diep in die Paassiklus inbeweeg. Die Paastyd se kernboodskap is toegespits op die Kruisdood en Opstanding van ons Here Jesus Christus en ons sal op Goeie Vrydag weer luister na Jesus se laaste woorde aan die kruis (na aanleiding van die evangelie volgens Lukas): “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.”

Omdat Jesus – en jare later ook die diaken Stefanus – hierdie woorde in die aangesig van hulle dood gebid het, word hulle vandag nog meestal en amper uitsluitlik tydens sterftebegeleiding en begrafnisdienste gebruik – en dis waar hulle natuurlik baie relevant en sinvol is. Hoe wonderlik is dit nie vir ’n Christen om te weet dat hy ten midde van al die vrees en onsekerheid rondom die dood homself in die genadige en getroue hande van sy Heer en Verlosser mag laat val nie, met die geloofsekerheid dat hy in Jesus Christus vrede en geborgenheid sal vind.

Maar – hierdie gebed van Jesus en Stefanus is ’n aanhaling uit Psalm 31,6 waar dit nie spesifiek net gebid word deur iemand wat met die dood worstel nie. In Psalm 31 is hierdie bede meer algemeen en alledaags. Martin Luther het dieselfde woorde in sy oggend- en aandgebede ingesluit: “… Ek gee myself, my liggaam en my siel, en alles wat aan my behoort, in u hande!”

Soortgelyk kon ander gelowiges voor hom ook gebid het – soos byvoorbeeld: Abraham: In u hande gee ek my Isaak oor! Moses: In u hande gee ek my opdrag en diens aan die verbondsvolk oor! David: In u hande gee ek my skuld met Batseba oor! Die dissipels wat alles gelos het om Jesus te volg: In u hande gee ek my, my familie en my beroep oor! Paulus: In u hande gee ek Saulus oor!

Sodoende mag ons ook die vrede en bevryding ervaar as ons daagliks só bid: Vader, in u hande gee Ek my sorge en vrese oor. In u hande gee ek my skuld en sonde oor. In u hande gee ek my toekoms en my verlede oor. In u hande gee ek my woede, my stres en my teleurstellings oor. In u hande gee ek my politieke oortuigings en my beoordeling van die samelewing oor. In u hande gee ek my huwelik en my eggenoot oor. In u hande gee ek my werk / werkloosheid oor.

150 jarige eeufeesviering Lüneburg In u hande gee ek my inkomste, my finansies en my skulde oor. In u hande gee ek my kerk en my gemeente oor. In u hande gee ek my gawes en my dienste oor. … Amen.

Pastor Matthias Albers, Panbult

Recent posts
Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie…

Preek vir Rogate

Preek vir Rogate

Eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word…

Die 50ste VELSISA-sangfees – ‘n terugblik

Die 50ste VELSISA-sangfees – ‘n terugblik

Manfred Johannes, Pretoria Vanjaar is dit die kerkkore van die VELSISA gegun om op 2 Oktober in Johannesburg bymekaar te…