Michelle Niebuhr, Pretoria

Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as die vorige jare sing; waar ou vriende mekaar weer vind, nuwe liefdesverhale begin en waar mens oorweldigend dankbaar is vir die spesiale gemeenskap wat ons het!

Dit is presies hoe dit ook hierdie jaar was toe sowat 150 jeuglede op 1 Julie in die ysige koue tent in Wittenberg bymekaargekom het. Met ‘n vreugdevolle gemoed (en ‘n paar moeë oë van die vorige aand se streke) het die oggend met pragtige musiek begin. Sodoende kon ons die dag open met ‘n diens en met lof aan ons Here. Mark en Carla Meyer en Liska Paul is tydens die diens in hulle nuwe ampte as jeugouers en as sekretaresse ingeseën. Dit is gevolg deur die individuele stukke van die Lüneburg, Kirchdorf, Arcadia en Wittenberg jeuggroepe, waarna volksliedjies gesing is.

Die middagprogram het met groot opgewondenheid begin met die “Polonaise” (waar die fokus hoofsaaklik daarop lê om enige potensiële nuwe paartjies te identifiseer) en gevolg deur die groot kompetisies met aflos, “Pille”, “Ball-übern-Strick”, volleybal en natuurlik die opwindende toutrek (die groot beslissende faktor, watter jeug uiteindelik die jeugdag “wen”). Die beste deel tydens die speletjies was om die konstante lag en ondersteuning, van al die verskillende ouderdomsgroepe wat die jeugdag bygewoon het, te hoor, te voel en te geniet. So besef ‘n mens vinnig hoe spesiaal die jeug vir elkeen was en ook hoeveel kinders in die toekoms hopelik nog die jeug sal kan geniet, so God wil.

Ons dank die Here vir wonderlike weer, veilige reise uit alle dele van die land en ook vir sy seëninge oor die naweek en oor die jeug. Baie dankie aan die Wittenberg-gemeente wat die jeugdag vir ons moontlik gemaak het en aan die sinodale jeugkomitee vir hul organisasie! Dit was ‘n fantastiese naweek!

Tot volgende jaar!

Recent posts
Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie…

Preek vir Rogate

Preek vir Rogate

Eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word…