Kinderkamp 2019 – God praat ons taal

Kinderkamp 2019

Die kinderkamp het van die 12de tot die 15de Desember 2019 te Lüneburg plaasgevind. Daar was 86 kinders, 20 helpers en 6 klein kindertjies, wat nie deelgeneem het nie.

Onder die tema “God praat ons taal” is die Bybellesse oor twee dae verdeel. Die eerste dag het gehandel oor die geskiedenis van die Toring van Babel, die mense wat teen God se wil opgetree het en toe, as vloek, die verwarring van die tale ontvang het.

Kinderlager 2019 - Kinderkamp 2019

Die tweede dag het gehandel oor Pinkster, toe God hierdie vloek in ’n seën verander het en almal die wonderlike boodskap in sy eie taal kon verstaan.

Ons wil Pastor Thomas Beneke bedank vir die voorbereidings oor hierdie onderwerp, wat tot seën vir oud en jonk geword het.

Daar was baie om die dae mee te vul. Ons het gesing, gefluit, kersfeeskoekies gebak, ’n vasvra afgelê en sport gedoen. Daar was ’n uitstappie na Werner en Marica Hillermann se plaasdam, waarheen ons met ’n vragmotor gery is. Ons bedank Werner en Marica hartlik vir die bereidwilligheid en moeite om hierdie uitstappie moontlik te maak. Dit was lekker!

’n Skattejag het aanleiding gegee tot baie interessante foto’s. Almal het Saterdagaand saam na hierdie foto’s gekyk en natuurlik het elkeen hulself op elke foto gesoek.

Die Graad 6’e moes, soos altyd, meisies teen seuns in ’n Survivorspeletjie wedywer. Dit was baie, baie opwindend, veral toe albei spanne net voor die einde vyf punte elk gehad het. Laastens moes hulle ’n vuur aansteek. Dit was toe die seuns, wat as wenners uit die stryd getree het en die meisies as wenners van die beste gees.

Die Lüneburg gemeente was ’n wonderlike gasheer. Die kos was heerlik! Baie dankie daarvoor!

Die hoogtepunt van die kamp was die erediens Sondagoggend. Die kinders het aan die begin en einde van die diens gesing en die fluitgroep het “Ihr Kinderlein kommet” met ’n wonderlike solo gespeel.

Baie dankie aan alle helpers. Om die week saam met die kinders te beleef was ’n seën vir almal. Dit was regtig lekker!

Ons dank ons hemelse Vader dat ons hierdie geleentheid gehad het en ons geseënd weer huis toe kon ry. Ons sien uit na die volgende keer!

Vir meer oor die jeug- en kinderwerk van die VELSISA, sien ook “Kinderkamp 2022” en “Tienerkamp 2024”.

Heike Böhmer, Arcadia

FELSISA Calendar

Januarie 2027
26Jan

Women's Retreat (FELS)

Di 26 Jan – Do 28 Jan · Heeldag

📍 Fels Retreat Farm, Natal Spa Road, Paulpietersburg, 3180, South Africa

Februarie 2027
10Feb

Ash Wednesday

Woensdag 10 Februarie · Heeldag

28Feb

ELF Confirmation

Sondag 28 Februarie · Heeldag

Maart 2027
21Mar

Newcastle Confirmation

Sondag 21 Maart · Heeldag

📍 Evangelical Lutheran Congregation, Newcastle, 11-15 Ouklip Ave, Hutten Heights, Newcastle, 3100, South Africa

28Mar

Easter

Sondag 28 Maart · Heeldag

Mei 2027
31Mei

Pastors' Convention (Greytown)

Ma 31 Mei – Do 3 Jun · Heeldag

📍 Lutheran Church, 275 Voortrekker St, Greytown, 3250, South Africa

Junie 2027
13Jun

Deadline for submission of motions to the Synodical Council

Sondag 13 Junie · Heeldag

26Jun

FELSISA Youth Day (Jugendtag; Kirchdorf)

Saterdag 26 Junie · Heeldag

📍 Congregation of Christ, Kirchdorf, 75 Noodsberg Rd, Wartburg, 3233, South Africa

27Jun

FELSISA Brassband Festival (Posaunenfest; Kirchdorf)

Sondag 27 Junie · Heeldag

📍 Congregation of Christ, Kirchdorf, 75 Noodsberg Rd, Wartburg, 3233, South Africa

Julie 2027
14Jul

Synodical agenda, financial report and motions to be sent to the congregations

Woensdag 14 Julie · Heeldag

30Jul

Deadline for submission of reports to the Synodical Council

Vrydag 30 Julie · Heeldag

Augustus 2027
1Aug

FELSISA Mission and Song Festival (Pietermaritzburg)

Sondag 1 Augustus · Heeldag

📍 Evangelical Immanuel Lutheran congregation, 156 Zwartkop Rd, Prestbury, Pietermaritzburg, 3201, South Africa

9Aug

Synodical reports to be sent to the congregations

Maandag 9 Augustus · Heeldag

15Aug

Pretoria Afrikaans Confirmation

Sondag 15 Augustus · Heeldag

📍 German and Afrikaans St Paul's Evangelical Lutheran Congregation, Arcadia, 844 Arcadia St, Arcadia, Pretoria, 0007, South Africa

22Aug

Pretoria Deutsche Prüfung

Sondag 22 Augustus · Heeldag

📍 German and Afrikaans St Paul's Evangelical Lutheran Congregation, Arcadia, 844 Arcadia St, Arcadia, Pretoria, 0007, South Africa

29Aug

Wittenberg Prüfung

Sondag 29 Augustus · Heeldag

📍 Wittenberg, South Africa

29Aug

Pretoria Deutsche Konfirmation

Sondag 29 Augustus · Heeldag

📍 German and Afrikaans St Paul's Evangelical Lutheran Congregation, Arcadia, 844 Arcadia St, Arcadia, Pretoria, 0007, South Africa

September 2027
2Sep

FELSISA Synodical Convention (Panbult)

Do 2 Sep – Sa 4 Sep · Heeldag

📍 Evangelical - Lutheran Church, Panbult, Panbult St, Pretoria, 0081, South Africa

5Sep

Wittenberg Konfirmation

Sondag 5 September · Heeldag

📍 Wittenberg, South Africa

12Sep

Lüneburg Konfirmation

Sondag 12 September · Heeldag

📍 Luneburg, South Africa

Oktober 2027
3Okt

FELSISA Song Festival (Wittenberg)

Sondag 3 Oktober · Heeldag

📍 Evangelisch-Lutherische Gemeinde Wittenberg, VQFR+27, Wittenberg, 2380, South Africa

17Okt

Kirchdorf Prüfung

Sondag 17 Oktober · Heeldag

📍 Congregation of Christ, Kirchdorf, 75 Noodsberg Rd, Wartburg, 3233, South Africa

24Okt

Kirchdorf Konfirmation

Sondag 24 Oktober · Heeldag

📍 Congregation of Christ, Kirchdorf, 75 Noodsberg Rd, Wartburg, 3233, South Africa

November 2027
5Nov

FELSISA Church Council Retreat (FELS)

Vr 5 Nov – Sa 6 Nov · Heeldag

📍 Fels Retreat Farm, Natal Spa Road, Paulpietersburg, 3180, South Africa