Kinderkamp 2022

Anja Hohls, Pretoria

Na die lang verlange na ‘n kinderkamp tydens die Covid-tydperk, kon ons met groot vreugde uiteindelik weer ‘n kinderkamp reël. Sowat 90 kinders het Vrydagmiddag met baie energie en entoesiasme in Wittenberg gearriveer om die kinderkamp in te haal, wat van Desember uitgestel is. Ons het Bybelstudie gedoen, gesing, fluit gespeel, handwerk gedoen, verskeie sportaktiwiteite beoefen en ook op ‘n opwindende skattejag gegaan. Sondag kon ons die Wittenberg gemeente verbly deur musiek tydens die erediens te maak. Sondagnamiddag was nie ‘n rustige dag nie, aangesien daar nog baie aktiwiteite beplan was. Die skattejag was vir almal groot pret, en die naweek is met die hoogtepunt, Survivor, vir die graad 6-leerlinge wat nou die kinderkamp verlaat en na die tienerkamp op pad is, afgesluit. Ons bedank die Wittenberg gemeentevroue vir die hartlike gasvryheid, heerlike kos en alles wat in die geheim in die agtergrond gedoen is. Mag God julle seën!

Recent posts
Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie…

Preek vir Rogate

Preek vir Rogate

Eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word…

Die 50ste VELSISA-sangfees – ‘n terugblik

Die 50ste VELSISA-sangfees – ‘n terugblik

Manfred Johannes, Pretoria Vanjaar is dit die kerkkore van die VELSISA gegun om op 2 Oktober in Johannesburg bymekaar te…

Kinderkamp 2022

Kinderkamp 2022

Anja Hohls, Pretoria Na die lang verlange na ‘n kinderkamp tydens die Covid-tydperk, kon ons met groot vreugde uiteindelik weer…

Die familie en die huwelik

Die familie en die huwelik

Pastor Karl Böhmer, Kirchdorf God het die mens geskep na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom…

CATEGORIES