Wagwoord vir die jaargety Numeri 6,24-26

Nuwe Orrel in Kerk

“Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!” Numeri 6,24-26

Die herinneringe aan ’n spesifieke naweek lê nog vars in my geheue geprent. ’n Groep van ons Teologie-studente het vir ’n naweek by familie in Balhorn, Duitsland besoek afgelê. Ons het wonderlike dae daar deur-gebring. Saam het ons geëet, in die omgewing gaan stap en saans het ons saam aandete genuttig. Sondag, na die erediens, het ons dan weer saam ’n heerlike middagete geniet, voordat ons weer moes vertrek. Ingeprop in ’n klein motortjie, het die lang pad voor ons uitgestrek gelê. Daar wag seker nog verkeersopeenhopings vir ons oppad, en tuis die leë, koue studente-kamer. Alvorens ons die lang pad aandurf, oorhandig ons gasvrou aan ons egter nog ’n mandjie, oorlaai met koeldrank en toebroodjies, sjokolade en nog allerlei lekkernye. Die vervelige langpad het nou nie meer so vervelig daar uitgesien nie!

Vir ’n lang tyd sinspeel hierdie herinnering vir my op die einde van elke erediens, waar die seën ontvang word. ’n Oorvol mandjie word aan jou gegee. Ja, die dominee eindig nie net ’n erediens met die volgende uitdrukkings nie: „Dankie vir julle teenwoordigheid! Totsiens, tot ons mekaar weer volgende keer ontmoet!“ Die seën is ook nie net ’n teken soos ’n groen verkeerslig wat aankondig: „Die erediens het nou op ’n einde gekom. Julle kan maar gaan!“ Nee, die seën aan die einde is ’n geskenk van God af. Hy gee ons nog iets vir die pad saam. Hy lê Sy seën en vrede in ons hande. Hy sê: Vat dit saam!

Dikwels ervaar ons die seën van God tydens die erediens: ons hou asem op en sing die bekende gesange, ons ervaar God se verhouding met ons. Maar een of ander tyd kom dit tot ’n einde en dikwels vra ons onsself reeds tydens die erediens af: Watter angste en spanninge wag hierdie week op ons? Met watter tweedrag sal ek te doen kry? Watter twyfelagtighede sal aan my knaag? Hoe sal ek alles hierdie week kan baasraak?

Vir dae aaneen het die Volk van Israel God se nabyheid by die Berg Sinai ervaar. Hy was deur die woorde van Moses altyd in hul nabyheid. Hulle het Sy teenwoordigheid in die tent van ontmoeting, in die wolk- en vuur-kolom ervaar en herken. Hulle het oorgenoeg kos gehad, het kwartels en manna direk uit God se Hand ontvang. God het hulle teen die vyand bewaar en beskerm. Hier kon die Israeliete volkome vrede erfaar. Maar hulle moes tog weer verder trek: ’n lang, uitmergelende pad deur die woestyn – blootgestel aan baie gevare. Verkillende gevegte het op hulle gewag. Hulle moes die beloofde land verower. Angs, onsekerheid, onrustig-heid, vertwyfeling het hulle sekerlik op die reis begelei. So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën. (Numeri 6:27) Die priesters moet God se Naam oor die Israeliete uitroep; Sy begeleidende werke aan die volk toesê. Hulle moes hulle voorberei op die vertrek.

Die erediens mag ’n ryklike seën vir ons wees. Ons voel ons tuis in die kerk. Ons is omring deur God, gevul met Sy genade en liefde, omhul met sy alom-teenwoordigheid. Hierdie plek mag vir ons ’n seën, ’n beskerming en beskut-ting teen die bose wees! Warmer as die son skyn God se Aangesig deur Sy Seun oor ons. Ons ervaar hier vrede. Maar, binnekort moet ons hierdie ruimte verlaat! Die week lê vir ons voor; opdragte en verantwoorde-likhede staar ons in die gesig. Stres. Onrustigheid. Bakleiery. Smart. Nood. Tekortkomings. Teleurstellings. Ons kan die week met ’n reis deur die woestyn vergelyk.

God lê sy seën op ons. In die daaglikse sleur van die lewe staan Hy ons by en bespeur ons Sy nabyheid. Hy verleen aan ons Sy beskerming, Sy genade en Sy vrede. Ons verlaat nie God se Huis alleen nie. Die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, stap saam met ons die week tegemoet.

Aan die einde van die erediens, terwyl jou gedagtes reeds met die laaste gesang is of by die middagete, of as jy deur sorge omvou is, herinner jouself aan God se nabyheid. Luister aandagtig. Erken die teken van die kruis. As afskeidsgeskenk word daar iets in die hand gedruk. Vat dit saam!■

Pastor Helmut Paul, Wittenberg

 

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…