Sinodale kerkraadsvergadering 2016 in FELS-Retreat

Op Vrydag 4 November 2016 het die kerkraadslede van die FELSISA te FELS byeengekom vir die jaarlikse sessie.

Die vergadering het laatmiddag begin met ’n voorlegging deur mnr Harald Niebuhr oor die sinodale be-groting vir 2017. Die aand is afgesluit met ‘n gesellige braai, waarvoor die Pietermaritzburg gemeente gesorg het.

Die tema van die sessie was “Pastorale Versorging”. Hierdie is ’n praktiese tema. Spesifiek is moontlike metodes aangespreek oor hoe om na gemeente-lede uit te reik wat onbetrokke is of uitgesluit voel. Pastor Helmut Paul het ons bewus gemaak hoe om hierdie persone eerstens te identifiseer, Pastor Matthias Albers hoe om hulle te benader en Pastor Roland Johannes het uitgelig watter hulpmiddels hiervoor tot ons beskikking is, onder andere die Bybel en die Gesangeboek.

Biskop Dieter Reinstorf het uitgelig, dat 2017 ’n belangrike jaar ter herdenking van gebeure in die kerk-geskiedenis is. Die FELSISA is 125 jaar oud, en die LCSA 50 jaar. Die her-vorming het 500 jaar gelede begin en dit sal wêreldwyd gevier word. Ook in Suid-Afrika sal die groot gebeurtenis herdenk word – dit sal ’n besige jaar wees wat voorlê.

Ter afsluiting het ons ’n heerlike middagete saam genuttig. ’n Hartlike dank aan almal wat die naweek moontlik gemaak het en tot die sukses daarvan bygedra het.

Erich Niebuhr, Lüneburg

 

Recent posts
Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het…