In vandag se tye word in BAIE belê, veral ons kinders kry vookeur vir ons tyd en geld, maar ons huweliksmaats moet al te dikwels in die tweede plek staan.
Ek wil graag vir almal bemoedig, veral jong pare wat nog nie kinders het nie, om so ‘n belegging te maak.
Baie dankie aan Selvyn en Ronellé Reinstorf, Toni en Roda Klingenberg, wat hulle wonderlike bosveldkampe, Impalabos-Wes beskikbaar gestel het vir ‘n wonderlike huweliks-verrykingsnaweek met Gustav en Elna Muller.
Graag deel ek met julle enkele van die deelnemers se kommentaar:
- “Die kursus was die moeite werd – fantastiese ure saam beleef.” – Selvyn
- “Het ‘n ‘wakeup call” gekry, baie geleer. Ons manne het dit beslis nodig, ons vergeet van die belangrike (geselsies en vonkels) dinge in ons huwelike a.g.v ons besige lewens. Ons lewens maat moet ons BFF wees.” – Annelien
- Dit was vir my insiggewend om te hoor, wat ander mans dink. As man het ‘n mens sekere vooropgestelde denkwyses, en dit was verrykend om van ander manne ook te hoor.”
– Connie
- Vir ons was dit baie insiggewend, want ons het langs die pad dinge, waaraan jy in vandag se besige lewenstyl nie eers meer dink nie, verloor. In ons geval het die siekte van ons kinders gemaak, dat ons net nog op hulle gekonsentreer het. Daar was net nie tyd vir ons huwelik nie.” – Johan en Doreen
- Ek het ‘n herkonneksie met my lewensmaat gevind en geleer om beter te kommunikeer. Ek sou dit vir enige paar aanbeveel, met of sonder probleme, pas getroud, oud en jonk.” – Inge
- Dit was ‘n wonderlike en baie insiggewende tyd! Gustav en Elna, julle het julle fantasties van julle taak gekwyt, hou so aan en nogmaals baie dankie!” – Roda
Google gerus vir Gustav en Elna wat al 20 jaar ondervinding in huweliks-berading het. Of soek hulle op Facebook by “Keys 4 marriage.” Benewens berading bied hulle ook oggende in Pretoria vir egpare aan.
Die volgende VERRYKINGS naweek reël ons vir 2 – 8 Maart 2020. Details sal nog bekend gemaak word, maar as julle graag insette wil lewer of van ‘n plek verseker wil wees, kontak of WhatsApp my solank op 083 604 8072.