Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria

Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens met nagmaal Donderdagoggend ter afsluiting gehou is.

Die leraarskonvensie bied die geleentheid om idees en gedagtes uit te ruil, te debatteer en besonder oop en eerlik op ‘n beskermde plek te beraadslag. Dit is moontlik gemaak deur middel van voorlesings, groepwerk, besprekings, sowel as gesprekke tydens pouses, hetsy terwyl koffie gedrink word of tot laat in die Suid-Afrikaanse nag langs die vuur gesit word (ek dink nie ek was in die laaste jare al vier aande in ‘n ry voor 10:00 in die bed nie!). Verskeie leraars het hul gemeentes voorgestel. Die ekumeniese riglyne van die FELSISA is ook bespreek, en daar was ‘n voordrag oor die (Duitse) Lüneburgse kerkorde uit die 17de eeu oor die onderwerp van gemeentebesoeke, waarop die eerste FELSISA-orde gebaseer is en wat nog baie interessante insigte vir gemeentebesoeke vandag bied. – Maar as die biskop by die volgende besoek vra om met ’n perdekar opgelaai te word, weet julle waar hy sulke idees vandaan kry!

Daar was ook ‘n voordrag oor verskillende tipes gemeentes, wat voortspruit uit die grootte van die gemeente en hoe dit die samewerking binne die gemeente beïnvloed. Dit spreek vanself dat die interaksie tussen gemeentelede sterk beïnvloed word, of hulle mekaar by hul voorname en vanne ken, insluitend die familieverhoudings, of nie. Daar het ook broederlike gesprekke oor die toelating tot die nagmaal en die vraag na die ware en valse kerk plaasgevind.

Vanjaar nuut op die porgram was daaglikse groepwerk, waarin die leraars gevra is om ‘n onderwerp te kies, waaraan hulle graag wil werk. Hierdie het weereens die geleentheid gebied om in klein groepies daagliks tyd aan ‘n spesifieke onderwerp te bestee. Aan die einde het elke groep hul eindresultate aan die leraarskonvensie voorgelê.

Na afloop van die werksdag is ‘n daaglikse wildrit aangebied, gevolg deur ‘n aand-oordenking en ‘n heerlike aandete. Die leraarskonvensie het werk en plesier, debatte en gesellige samesyn op ‘n baie aangename en hopelik geseënde manier gekombineer, sodat mens eintlik twee keer per jaar ‘n leraarskonvensie kon hou, veral met betrekking tot die goeie ligging en die lekker kos.

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…