Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria

Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens met nagmaal Donderdagoggend ter afsluiting gehou is.

Die leraarskonvensie bied die geleentheid om idees en gedagtes uit te ruil, te debatteer en besonder oop en eerlik op ‘n beskermde plek te beraadslag. Dit is moontlik gemaak deur middel van voorlesings, groepwerk, besprekings, sowel as gesprekke tydens pouses, hetsy terwyl koffie gedrink word of tot laat in die Suid-Afrikaanse nag langs die vuur gesit word (ek dink nie ek was in die laaste jare al vier aande in ‘n ry voor 10:00 in die bed nie!). Verskeie leraars het hul gemeentes voorgestel. Die ekumeniese riglyne van die FELSISA is ook bespreek, en daar was ‘n voordrag oor die (Duitse) Lüneburgse kerkorde uit die 17de eeu oor die onderwerp van gemeentebesoeke, waarop die eerste FELSISA-orde gebaseer is en wat nog baie interessante insigte vir gemeentebesoeke vandag bied. – Maar as die biskop by die volgende besoek vra om met ’n perdekar opgelaai te word, weet julle waar hy sulke idees vandaan kry!

Daar was ook ‘n voordrag oor verskillende tipes gemeentes, wat voortspruit uit die grootte van die gemeente en hoe dit die samewerking binne die gemeente beïnvloed. Dit spreek vanself dat die interaksie tussen gemeentelede sterk beïnvloed word, of hulle mekaar by hul voorname en vanne ken, insluitend die familieverhoudings, of nie. Daar het ook broederlike gesprekke oor die toelating tot die nagmaal en die vraag na die ware en valse kerk plaasgevind.

Vanjaar nuut op die porgram was daaglikse groepwerk, waarin die leraars gevra is om ‘n onderwerp te kies, waaraan hulle graag wil werk. Hierdie het weereens die geleentheid gebied om in klein groepies daagliks tyd aan ‘n spesifieke onderwerp te bestee. Aan die einde het elke groep hul eindresultate aan die leraarskonvensie voorgelê.

Na afloop van die werksdag is ‘n daaglikse wildrit aangebied, gevolg deur ‘n aand-oordenking en ‘n heerlike aandete. Die leraarskonvensie het werk en plesier, debatte en gesellige samesyn op ‘n baie aangename en hopelik geseënde manier gekombineer, sodat mens eintlik twee keer per jaar ‘n leraarskonvensie kon hou, veral met betrekking tot die goeie ligging en die lekker kos.

Recent posts
Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie…

Preek vir Rogate

Preek vir Rogate

Eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word…