Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult

Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk!

Toe ons Vrydagmiddag van Gauteng na Durban op pad was, het dit begin sneeu en na aanvanklike opgewondenheid het ons uiteindelik besef dat dit dalk moeilik sal wees om tot in Durban te kom. Maar ons het nie verwag dat ons heelnag in die verkeer op die N3 sou sit en nie die volgende oggend betyds by die oefening vir die instrumente sou wees nie. Na 13 uur in die sneeu kon ons uiteindelik omdraai en het Saterdagmiddag betyds opgedaag vir die kooroefening.

’n Verbasende aantal sangers het Sondagoggend by die N.G. Kerk, Krantzkloof onder die tema “Huil, weëklag, bekommernis, vrees, benoudheid en nood is die tranebrood van Christene wat die teken van Jesus dra.” – Bach-kantate BWV 12 vir die Sondag Jubilate. Die program, gepas voorberei deur die sinodale koorleier mnr Bernhard Böhmer, het baie aspekte van hierdie onderwerp uitgelig. Ons bedank hom vir sy onvermoeide insette tot die koorvereniging!

Die plaaslike pastor, biskop Helmut Paul, het die preek tydens die feesdiens gehou en die Durbanse gemeente het alle gaste dedurende die naweek met gasvryheid bedien. Baie dankie vir ‘n suksesvolle koorsangfees en al die voorbereidings!

’n Musikale hoogtepunt vir baie was beslis Brahms se “Begräbnisgesang” (begrafnislied), wat dalk nie vooraf so oortuigend in die individuele kore geklink het nie, maar op daardie dag met die blaasinstrumente ’n wonderlike weerspieëling van die teks geword het. In die slotoordenking het sendeling Christoph Weber beklemtoon dat ons hier op aarde so te sê alle lyding, alle swaarkry, bekommernisse en vrese kan verduur omdat ons ‘n Christus het wat alle lyding oorwin het en ons nooit verlaat nie. Selfs die hemelse musiek wat by ‘n koorsangfees gemaak word, is maar net ‘n klein voorsmakie van wat vir ons Christene in die nuwe Jerusalem wag.

As ons terugdink, is ons dankbaar dat ons ondanks verskeie struikelblokke aan ‘n geseënde koorsangfees kon deelneem en sien reeds daarna uit om volgende jaar in Lüneburg saam musiek te maak!

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…