Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult

‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het!

Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter en Ronelie Prigge.

Hierdie naweek het ons die gelykenisse van Jesus bestudeer en soveel geleer dat ons nou selfs ons eie gelykenisse kan uitdink!

Benewens die leersame oomblikke, was daar ook baie aksie: Ons het vlugbal en sokker gespeel en met groot vreugde gesing – ‘n groot dankie aan Angelika Johannes, wat die sang so spesiaal gemaak het.

Die weer was meestal warm, maar Saterdag het dit koud geword, sodat ons ongelukkig nie op ‘n uitstappie kon gaan nie. Maar ‘n rondte “Weerwolf” het ons lank vermaak!

Sondag het ons die naweek afgesluit met ‘n wonderlike diens in die kapel, waar die koperblasers aan die begin gespeel het, ons as tieners ons geoefende liedjies gesing het, die fluite aan die einde gespeel het en ons saam God geprys het. Dit was heerlik om ‘n “gemeente” rondom ons te hê – ‘n groot dankie aan almal wat die kapel kom vul het!

Ons dank die Here dat alles so goed verloop het, asook die pastors Andreas Albers en Martin K. Paul vir hulle waardevolle kennis – ons waardeer julle moeite baie.

‘n Spesiale dankie gaan ook aan tannie Sarina Hayward vir die heerlike kos wat ons elke dag geniet het.

En natuurlik wil ons baie dankie sê aan oom Dieter en tannie Ronelie wat vir vier dae ons ouers was. Sonder julle sou die naweek ‘n groot deurmekaar gewees het! Dankie oom Dieter dat jy ons elke oggend wakker maak met die vrolike klanke van die tromboon, en tannie Ronelie vir jou humor en lewensvreugde.

Dankie ook aan Angelika vir jou positiwiteit terwyl ons musiek gemaak het en aan Maria vir jou ondersteuning tydens die speletjie Saterdag.

En laaste maar nie die minste nie: Dankie aan al die tieners wat vanjaar deelgeneem het – sonder julle sou die kamp nie half-pad so lekker gewees het nie!

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…