Bevestiging van Pastor Klaus-Eckart Damaske in Lüneburg

Bevestiging van Pastor Klaus-Eckart Damaske in Lüneburg

Op die 14 Januarie 2018 is Pastor Klaus-Eckart Damaske gedurende ’n feestelike erediens as leraar van die vakante Peter-Pauls Gemeente Lüneburg ingeseën.

Die bevestiging is deur Pastor Rüdiger Gevers waargeneem. Die Pastore Helmut Paul en Roland Johannes
het as assistente opgetree. Pastor Damaske het in sy preek oor Psalm 73,28 die klem op die blydskap geplaas, wat ons te midde van al ons wroeginge in Jesus Christus het. Hy het ook na die bietjie humor van die geskiedenis verwys toe die gemeente Lüneburg meer as 60 jaar gelede voor die keuse gestaan het om óf sy pa, wyle Siegfried Damaske, óf Günter Scharlach te beroep. Destyds het die gemeente vir Pastor Scharlach beroep, maar meer as ’n halwe eeu later het hulle tog die keuse ten gunste van die seun van Siegfried Damaske uitgespreek.

Daar is verskeie woorde van seënwense uitgespreek en gelees wat van die blydskap getuig dat die gemeente Lüneburg weer ’n herder en predikant het.

Agterna was daar ’n vingerete in die gemeentesentrum aangebied. Ons wens Pastor Damaske God se ryke seën toe vir sy bediening in God se koninkryk.

Pastor Rüdiger Gevers, Vryheid

 

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…