Bevestiging van Pastor Klaus-Eckart Damaske in Lüneburg

Op die 14 Januarie 2018 is Pastor Klaus-Eckart Damaske gedurende ’n feestelike erediens as leraar van die vakante Peter-Pauls Gemeente Lüneburg ingeseën.

Die bevestiging is deur Pastor Rüdiger Gevers waargeneem. Die Pastore Helmut Paul en Roland Johannes
het as assistente opgetree. Pastor Damaske het in sy preek oor Psalm 73,28 die klem op die blydskap geplaas, wat ons te midde van al ons wroeginge in Jesus Christus het. Hy het ook na die bietjie humor van die geskiedenis verwys toe die gemeente Lüneburg meer as 60 jaar gelede voor die keuse gestaan het om óf sy pa, wyle Siegfried Damaske, óf Günter Scharlach te beroep. Destyds het die gemeente vir Pastor Scharlach beroep, maar meer as ’n halwe eeu later het hulle tog die keuse ten gunste van die seun van Siegfried Damaske uitgespreek.

Daar is verskeie woorde van seënwense uitgespreek en gelees wat van die blydskap getuig dat die gemeente Lüneburg weer ’n herder en predikant het.

Agterna was daar ’n vingerete in die gemeentesentrum aangebied. Ons wens Pastor Damaske God se ryke seën toe vir sy bediening in God se koninkryk.

Pastor Rüdiger Gevers, Vryheid

 

Recent posts
Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het…