Michelle Niebuhr, Pretoria

Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as die vorige jare sing; waar ou vriende mekaar weer vind, nuwe liefdesverhale begin en waar mens oorweldigend dankbaar is vir die spesiale gemeenskap wat ons het!

Dit is presies hoe dit ook hierdie jaar was toe sowat 150 jeuglede op 1 Julie in die ysige koue tent in Wittenberg bymekaargekom het. Met ‘n vreugdevolle gemoed (en ‘n paar moeë oë van die vorige aand se streke) het die oggend met pragtige musiek begin. Sodoende kon ons die dag open met ‘n diens en met lof aan ons Here. Mark en Carla Meyer en Liska Paul is tydens die diens in hulle nuwe ampte as jeugouers en as sekretaresse ingeseën. Dit is gevolg deur die individuele stukke van die Lüneburg, Kirchdorf, Arcadia en Wittenberg jeuggroepe, waarna volksliedjies gesing is.

Die middagprogram het met groot opgewondenheid begin met die “Polonaise” (waar die fokus hoofsaaklik daarop lê om enige potensiële nuwe paartjies te identifiseer) en gevolg deur die groot kompetisies met aflos, “Pille”, “Ball-übern-Strick”, volleybal en natuurlik die opwindende toutrek (die groot beslissende faktor, watter jeug uiteindelik die jeugdag “wen”). Die beste deel tydens die speletjies was om die konstante lag en ondersteuning, van al die verskillende ouderdomsgroepe wat die jeugdag bygewoon het, te hoor, te voel en te geniet. So besef ‘n mens vinnig hoe spesiaal die jeug vir elkeen was en ook hoeveel kinders in die toekoms hopelik nog die jeug sal kan geniet, so God wil.

Ons dank die Here vir wonderlike weer, veilige reise uit alle dele van die land en ook vir sy seëninge oor die naweek en oor die jeug. Baie dankie aan die Wittenberg-gemeente wat die jeugdag vir ons moontlik gemaak het en aan die sinodale jeugkomitee vir hul organisasie! Dit was ‘n fantastiese naweek!

Tot volgende jaar!

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…