Op 20 Julie 2021 het predikant Martin K. Paul sy tweede teologiese eksamen suksesvol voltooi.
Die mondelinge eksamens is in Pretoria afgelê. Dr. Heinz Hiestermann en predikante Kurt Schnackenberg en Matthias Albers was die eksaminators. Die ander twee lede van die eksamenkommissie van die FELSISA, Biskop Dieter Reinstorf (Covid) en Dr. Karl Böhmer (onluste) kon ongelukkig nie daar wees nie.
Predikant Paul het sy skriftelike eksamens oor die volgende onderwerpe geskryf: die skriftuurlike huiswerkstuk oor die huweliksvoorbereiding, die preek oor Romeine 6: 3-11 en die kategese oor die eerste artikel van die geloofsbelydenis.
Ons is dankbaar dat die eksamen kon plaasvind ondanks baie uitdagings soos Covid en die onluste in die land. Ons wens hom baie geluk met die slaag van die eksamen en wens hom God seën toe vir die verdere werk in sy koninkryk.
Pastor Dr. Heinz Hiestermann, Pretoria