Die beste Afrikaanse vertaling ooit 2020 Direkte Vertaling

Direkte Vertaling. Lewende Bybel

Hoe so? Naas die sogenaamde Ou en Nuwe Vertaling vind ons ook die Lewende Bybel en ander op die boekrakke.

20 Kerke in SA het teen die wending van die eeu aan die Bybelgenootskap opdrag gegee om ’n vertaling te produseer wat vir amptelike sowel as die gewone leser bruikbaar sal wees. Meer as 180 medewerkers het oor amper 2 dekades en in samewerking met wetenskaplikes gewerk om sowel die Ou- en Nuwe Testamentiese boeke asook die sogenaamde Deutrokronieke of Apokriewe boeke (om tegelyk die Rooms Katolieke lesers ook te betrek) in leesbare Afrikaans te vertaal. Die term “direk” verwys na ’n soort aanhaling soos wanneer bv. ’n joernalis direkte aanhalings van ’n belangrike toespraak in ’n ander taal weergee. Die bedoeling is dus nie om dit vir die leser maklik te maak of elke sinsgedeelte met die eerste oogopslag te laat verstaan nie, maar om die Woord van God soos aan ons oorgelewer, in sy oorspronklike formaat weer te gee. Daarby weerspieël die Direkte Vertaling baie voordele – té veel om hier te noem.

Die-Bybel-2020-Vertaling

Veral Bybelstudie word vergemaklik deur talle voetnotas, kruisverwysings en vertalingsmoontlikhede aan die leser deur te gee. Ons vind dus in die 2020 Vertaling ’n hele aantal antieke terme wat maat, afstand, plekname, titels, ens. betref juis met die bedoeling om die destydse wêreld te omskryf. Die denominasies wat in Afrikaans werk, tesame met die Bybelgenootskap het ooreengekom om twee weergawes van die Direkte Vertaling te druk: ene met deurgaans hoofletters soos dit in die 1953 Vertaling die gebruik was, en ene met hoofletters slegs wanneer daar geen twyfel bestaan dat ’n titel wel na Christus verwys.

Die-Bybel-2020-Vertaling

Die predikantskonferensie beveel aan dat die 2020 Direkte Vertaling wel as die amptelike vertaling ook in ons FELSiSA in gebruik geneem word – waaroor die sinode sal besluit.  Indien die vertaling aanvaar word, behoort ook gesangeboek en kategismus mettertyd oorgewerk te word. Ons dank die Here vir sy Woord – wat ook verder vir toekomstige generasies in Afrikaans beskikbaar sal wees.  Alle Boeke van die Bybel van die 2020 Direkte Vertaling is beskikbaar by http://www.bybeldirektevertaling.co.za/index.php/proefvertalings. Nadat ek persoon die vertalingsproses oor meer as 15 jaar gevolg het, die opregtheid van die personeel en wetenskaplike korrektheid, glo ek nie dat daar binnekort so ’n monumentale projek aangepak sal word nie. Geen vertaling is perfek nie en gesproke taal verander voortdurend, maar tans is dit vir my inderdaad die beste Bybel ooit.

Pastor Klaus-Eckart Damaske

Direkte Vertaling. Lewende Bybel

 

 

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…