Kinderkamp 2019 – God praat ons taal

Kinderkamp 2019

Die kinderkamp het van die 12de tot die 15de Desember 2019 te Lüneburg plaasgevind. Daar was 86 kinders, 20 helpers en 6 klein kindertjies, wat nie deelgeneem het nie.

Onder die tema “God praat ons taal” is die Bybellesse oor twee dae verdeel. Die eerste dag het gehandel oor die geskiedenis van die Toring van Babel, die mense wat teen God se wil opgetree het en toe, as vloek, die verwarring van die tale ontvang het.

Kinderlager 2019 - Kinderkamp 2019

Die tweede dag het gehandel oor Pinkster, toe God hierdie vloek in ’n seën verander het en almal die wonderlike boodskap in sy eie taal kon verstaan.

Ons wil Pastor Thomas Beneke bedank vir die voorbereidings oor hierdie onderwerp, wat tot seën vir oud en jonk geword het.

Daar was baie om die dae mee te vul. Ons het gesing, gefluit, kersfeeskoekies gebak, ’n vasvra afgelê en sport gedoen. Daar was ’n uitstappie na Werner en Marica Hillermann se plaasdam, waarheen ons met ’n vragmotor gery is. Ons bedank Werner en Marica hartlik vir die bereidwilligheid en moeite om hierdie uitstappie moontlik te maak. Dit was lekker!

’n Skattejag het aanleiding gegee tot baie interessante foto’s. Almal het Saterdagaand saam na hierdie foto’s gekyk en natuurlik het elkeen hulself op elke foto gesoek.

Die Graad 6’e moes, soos altyd, meisies teen seuns in ’n Survivorspeletjie wedywer. Dit was baie, baie opwindend, veral toe albei spanne net voor die einde vyf punte elk gehad het. Laastens moes hulle ’n vuur aansteek. Dit was toe die seuns, wat as wenners uit die stryd getree het en die meisies as wenners van die beste gees.

Die Lüneburg gemeente was ’n wonderlike gasheer. Die kos was heerlik! Baie dankie daarvoor!

Die hoogtepunt van die kamp was die erediens Sondagoggend. Die kinders het aan die begin en einde van die diens gesing en die fluitgroep het “Ihr Kinderlein kommet” met ’n wonderlike solo gespeel.

Baie dankie aan alle helpers. Om die week saam met die kinders te beleef was ’n seën vir almal. Dit was regtig lekker!

Ons dank ons hemelse Vader dat ons hierdie geleentheid gehad het en ons geseënd weer huis toe kon ry. Ons sien uit na die volgende keer!

Heike Böhmer, Arcadia

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…