Belê in Jou Huwelik!

In vandag se tye word in BAIE belê, veral ons kinders kry vookeur vir ons tyd en geld, maar ons huweliksmaats moet al te dikwels in die tweede plek staan.

Ek wil graag vir almal bemoedig, veral jong pare wat nog nie kinders het nie, om so ‘n belegging te maak.

Baie dankie aan Selvyn en Ronellé Reinstorf, Toni en Roda Klingenberg, wat hulle wonderlike bosveldkampe, Impalabos-Wes beskikbaar gestel het vir ‘n wonderlike huweliks-verrykingsnaweek met Gustav en Elna Muller.

Graag deel ek met julle enkele van die deelnemers se kommentaar:

  • “Die kursus was die moeite werd – fantastiese ure saam beleef.” – Selvyn
  • “Het ‘n ‘wakeup call” gekry, baie geleer. Ons manne het dit beslis nodig, ons vergeet van die belangrike (geselsies en vonkels) dinge in ons huwelike a.g.v ons besige lewens. Ons lewens maat moet ons BFF wees.” – Annelien
  • Dit was vir my insiggewend om te hoor, wat ander mans dink. As man het ‘n mens sekere vooropgestelde denkwyses, en dit was verrykend om van ander manne ook te hoor.”

– Connie

  • Vir ons was dit baie insiggewend, want ons het langs die pad dinge, waaraan jy in vandag se besige lewenstyl nie eers meer dink nie, verloor. In ons geval het die siekte van ons kinders gemaak, dat ons net nog op hulle gekonsentreer het. Daar was net nie tyd vir ons huwelik nie.” – Johan en Doreen
  • Ek het ‘n herkonneksie met my lewensmaat gevind en geleer om beter te kommunikeer. Ek sou dit vir enige paar aanbeveel, met of sonder probleme, pas getroud, oud en jonk.” – Inge
  • Dit was ‘n wonderlike en baie insiggewende tyd! Gustav en Elna, julle het julle fantasties van julle taak gekwyt, hou so aan en nogmaals baie dankie!” – Roda

Google gerus vir Gustav en Elna wat al 20 jaar ondervinding in huweliks-berading het. Of soek hulle op Facebook by “Keys 4 marriage.” Benewens berading bied hulle ook oggende in Pretoria vir egpare aan.

Die volgende VERRYKINGS naweek reël ons vir 2 – 8 Maart 2020. Details sal nog bekend gemaak word, maar as julle graag insette wil lewer of van ‘n plek verseker wil wees, kontak of WhatsApp my solank op 083 604 8072.

Eherüstzeit auf Impalabos

 

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…