Sinodale kerkraadsvergadering 2016 in FELS-Retreat

Sinodale kerkraadsvergadering 2016 in FELS-Retreat

Op Vrydag 4 November 2016 het die kerkraadslede van die FELSISA te FELS byeengekom vir die jaarlikse sessie.

Die vergadering het laatmiddag begin met ’n voorlegging deur mnr Harald Niebuhr oor die sinodale be-groting vir 2017. Die aand is afgesluit met ‘n gesellige braai, waarvoor die Pietermaritzburg gemeente gesorg het.

Die tema van die sessie was “Pastorale Versorging”. Hierdie is ’n praktiese tema. Spesifiek is moontlike metodes aangespreek oor hoe om na gemeente-lede uit te reik wat onbetrokke is of uitgesluit voel. Pastor Helmut Paul het ons bewus gemaak hoe om hierdie persone eerstens te identifiseer, Pastor Matthias Albers hoe om hulle te benader en Pastor Roland Johannes het uitgelig watter hulpmiddels hiervoor tot ons beskikking is, onder andere die Bybel en die Gesangeboek.

Biskop Dieter Reinstorf het uitgelig, dat 2017 ’n belangrike jaar ter herdenking van gebeure in die kerk-geskiedenis is. Die FELSISA is 125 jaar oud, en die LCSA 50 jaar. Die her-vorming het 500 jaar gelede begin en dit sal wêreldwyd gevier word. Ook in Suid-Afrika sal die groot gebeurtenis herdenk word – dit sal ’n besige jaar wees wat voorlê.

Ter afsluiting het ons ’n heerlike middagete saam genuttig. ’n Hartlike dank aan almal wat die naweek moontlik gemaak het en tot die sukses daarvan bygedra het.

Erich Niebuhr, Lüneburg

 

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…