Anja Hohls, Pretoria
Na die lang verlange na ‘n kinderkamp tydens die Covid-tydperk, kon ons met groot vreugde uiteindelik weer ‘n kinderkamp reël. Sowat 90 kinders het Vrydagmiddag met baie energie en entoesiasme in Wittenberg gearriveer om die kinderkamp in te haal, wat van Desember uitgestel is. Ons het Bybelstudie gedoen, gesing, fluit gespeel, handwerk gedoen, verskeie sportaktiwiteite beoefen en ook op ‘n opwindende skattejag gegaan. Sondag kon ons die Wittenberg gemeente verbly deur musiek tydens die erediens te maak. Sondagnamiddag was nie ‘n rustige dag nie, aangesien daar nog baie aktiwiteite beplan was. Die skattejag was vir almal groot pret, en die naweek is met die hoogtepunt, Survivor, vir die graad 6-leerlinge wat nou die kinderkamp verlaat en na die tienerkamp op pad is, afgesluit. Ons bedank die Wittenberg gemeentevroue vir die hartlike gasvryheid, heerlike kos en alles wat in die geheim in die agtergrond gedoen is. Mag God julle seën!