Wittenberg kry ‘n nuwe orrel

Die reeks nuutgeboude orrels in die FELSISA duur voort: nou is Wittenberg aan die beurt!

Nadat die vorige orrel verouderd geraak het, is daar besluit om ‘n nuwe, rein meganiese instrument deur die orrelbouer Jan Elsenaar van Brandfort (FS) te laat maak. Aangesien die galery in Wittenberg nie baie groot is nie en bowenal ‘n geringe hoogte het, was dit ‘n uitdaging vir die orrelbouer Elsenaar om die instrument so te ontwerp dat daar ten minste 15 registers is met altesaam 844 pype. ‘n Taak wat hy meesterlik opgelos het (soos in Lüneburg ook)!

Van die 15 registers is 6 van die ou orrel oorgeneem. Die pype was van goeie gehalte en kon dus maklik in die nuwe klankkonsep geïntegreer word. Die res van die instrument is heeltemal nuut. Die pragtige orrelkas uit eikehout bevat kenmerkende elemente van die neo-gotiese styl – dit pas perfek in die kerk in en bied boonop nou genoeg ruimte vir die kerkkoor. Dit is ook wonderlik dat daar besluit is om die vloer van die galery met hout uittebou. Dit is vir die klank van die orrel tot groot voordeel!

Die instrument is doelbewus as ‘n liturgiese instrument ontwerp – die disposisie (dit wil sê die samestelling van die registers) is dus hoofsaaklik vir godsdienstige gebruik uitgekies. Die orreliste het sodoende ‘n wonderlike instrument tot hul beskikking om die diens op gepaste en waardige wyse te begelei. Net soos die sustersinstrument in Lüneburg, word die instrument in Wittenberg gekenmerk deur ‘n bewonderenswaardige klankvariëteit. Elke register is meesterlik geïntoneer en ‘n ware klankbelewenis. Van sag tot hard is daar altyd interessante en boeiende klanke. Die resultaat kan verseker gehoor laat word!

Wittenberg is in die benydenswaardige posisie om baie jong orreliste en veral orrelistes te hê. Mag hierdie instrument ‘n seën vir hulle en vir toekomstige geslagte wees! As ek sien hoe veral die jong mense in Wittenberg tot hierdie projek toegewyd was, is die voorvereistes daarvoor perfek in plek. Soli Deo Gloria!

– Pastor Roland Johannes

 

Eeufees van die Gemeente Panbult

Eeufees van die Gemeente Panbult

Angelika Johannes, Panbult Die 100ste bestaansjaar van die Evangelies-Lutherse Kerk Panbult is op 26 Oktober 2025, saam met die Herdenking van die Reformasie, gevier. Die tweede strofe van Martin Luther se lied “’n Vaste Burg is onse God” is as…

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Oordenking | “Moenie bedroef wees nie, want die vreugde van die Here is julle krag.” (Nehemia 8:6)

Pastor Klaus-Eckart Damaske, Lüneburg Daar is ‘n blydskap van buite en daar is ‘n blydskap van binne. I. Van buite is mense bly oor … ‘n nuwe motor, ‘n ruiker blomme; ‘n mens verheug jou in mense, in goeie prestasies,…

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Die Kerk – ’n Vreemde Plek? Ervarings van die 2024 Jeugkamp

Camilla Ziegler, Deutschland Camilla Ziegler, Duitsland Die FELSISA jeugkamp het van die 10de tot die 15de Desember in Kirchdorf, Wartburg plaasgevind. Die verskillende eenhede het rondom die onderwerp “Die Kerk – ‘n vreemde plek?” gedraai. Ons het met daardie vraag…

Tienerkamp 2024

Tienerkamp 2024

Maike Paul, Panbult ‘n Naweek vol pret, lag en leer waar ons baie onvergeetlike herinneringe geskep het! Vanjaar se tienerkamp het van 12 tot 15 Desember by Fels naby Paulpietersburg plaasgevind. Dit was eenvoudig fantasties saam met ons tienerouers Dieter…

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Koorsangfees ‘n bietjie anders

Angelika Johannes, Panbult Vanjaar se koorsangfees is vir 22 September 2024 te Durban beplan. ’n Paar dae vooraf het ‘n mens reeds verskeie boodskappe met erge weerwaarskuwings ontvang, maar soos meeste Suid-Afrikaners het ‘n mens dit nie regtig geglo nie. Op die een of ander manier sal dit wel uitwerk! Toe ons…

Leraarskonvensie

Leraarskonvensie

Vikaris Tobias Schütze, Pretoria Die FELSISA leraarskonvensie het hierdie jaar by die Sitilo Wildplaas naby Pongola plaasgevind. Die program het elke dag met ‘n oordenking deur verskillende leraars – en die vikaris – begin en geëindig, terwyl ‘n gemeenskaplike erediens…

Jeugdag 2023

Jeugdag 2023

Michelle Niebuhr, Pretoria Jeugdag – ‘n datum wat in helder kleure in die jaarkalender aangedui word; ‘n dag waar baie ure se oefening uiteindelik op die proef gestel word; waar jeuglede “Freunde hat man nie genug” selfs nog harder as…